Terme en Voorwaardes

Waarborge

  1. Ons gee ‘n Drie (3) maande vakmanskap waarborg. Dit beteken ons sal die koste op die arbeid en vervoer dra.
  2. ‘n Jaar waarborg: Dis die fabriekswaarborg en is op die item self. (Soos motors, pompe, tenks, pvc-pype)  Arbeid sal weer gefaktureer word.
  3. 10 Jaar waarborg op tenkstaanders indien aan spesifikasie vereistes voldoen word.
  4. Elektriese en elektroniese komponente –  GEEN WAARBORG nie.
  5. Indien daar ‘n geldige fabriekswaarborg eis ter sprake is, sal ons u met ons kennis en jare se ondervinding ondersteun met die eis.   Indien u egter dadelik ‘n nuwe item neem, sal u verantwoordelik wees vir die kostes van daardie item, maar as die waarborg goedgekeur word, sal daar geen kostes wees nie. Indien die verskaffer slegs die item herstel, kan u daardie item kom haal, maar sal u steeds verantwoordelik wees vir die kostes van die nuwe item wat u reeds geneem het.

Algemene Arbeid:

  1. Daar word ‘n span uit gestuur @ R450.00 per uur. Indien dit ‘n vakmansfout-   of probleem is sal daar geen arbeids of vervoer kostes wees nie.  Indien dit nie ‘n vakmans fout is nie, sal daar ‘n uitroep fooi en vervoer gevra word.
  2. Die uitroep fooi  vir ‘n Nist-probleem, is  R280/uur, dit wil se vanaf ons kantoor en terug, plus R8-20 vervoerkoste.
  3. U sal verantwoordelik wees vir enige skade aan die voertuie indien daar nie ‘n pad is tot by die boorgat of staander nie.
  4. Geen slote word gegrou, tensy dit so op die kwotasie gespesifiseer is nie.
  5. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir bestaande (ou “) fittings “ nie.
  6. Indien ons ‘n kliënt adviseer dat ‘n “ fitting “ vervang moet word, en dit nie dadelik gedoen kan word nie, sal ons slegs in opdrag van die klient, met koste, weer uitkom om die “ fitting” te kom vervang.
  7. Indien die Kliënt (eienaar of bestuurder) vra vir addisionele werk wat gedoen moet word, of enige veranderings aan wil bring,  sal ons dit graag doen, dit sal egter  by die tydsduur op die faktuur bygevoeg word  –  Aangesien dit  my  span se opdrag is om die werk te doen soos die kliënt (Eienaar of Bestuurder) dit versoek.   Vir  enige  opdrag om dan weer uit te kom na u perseel toe, sal  ‘n uitroepfooi gevra word.
  8. Vir  enige komplikasie op die pomp wat buite ons beheer is, sal daar addisionele  arbeid en vervoer gevra word.
    Bv.
    – Krag is af
    – Sand/Modder
    – Boomwortels in die boorgat, ens.
    – Om ‘n dak van ‘n pomphuis af te haal
    – ’n “Baseplate” wat vasgesweis is
    – ‘n “Lock box” wat onder die grond gesoek moet word
  9. Vervoer is R8.20/km met ‘n minimum fooi van R150.00
  10. Arbeid koste na-ure (Saterdae & Sondae ingesluit): Plus 20%

Pompe:

  1. Indien daar boomwortels in die boorgat is sal dit eers bespreek moet word, want daar sal addisionele kostes aan verbonde wees.
  2. Korrekte inligting rakende die pomp moet deurgegee word, soos:
    – Presiese adres/ligging
    – Watter soort pyp: staal/plasties/borequip pyp?
    –  Spesifiseer die boorgat (Naam)
  3. Kostes vir ‘n skade verslag is R1200.00, en dit moet vereffen word voordat die verslag deurgestuur sal word.
  4. Indien ons kwotasie aanvaar word, sal die kostes van die skadeverslag weg val.
  5. Enige rekening moet ten volle vereffen wees voor enige nasorg diens gelewer word.

Toets van Boorgat:

  1. Daar is ‘n uitroep fooi van R1000.00 betaalbaar indien ons op die perseel kom en die boorgat kan nie getoets word weens omstandighede buite ons beheer nie.
  2. ‘n Sertifikaat word nie uitgereik indien ‘n boorgat minder as 300L/U lewer nie
  3. Boorgat toetse, sowel as kwaliteit- en kwantiteitstoetse is 100% vooruit betaalbaar.

Nist:

Nuwe Instellasie                               R 900,00

Call out op Nist                                R 650,00 + Vervoer

Download                                         R 220,00

Skadeverslag volgenst Nist              R 350,00

Nist repair                                        R 950,00 + Call out  + Vervoer

Die Nist beskermings toestel is n fantastiese produk en beskerm die dompelpomp motor teen:

  • Hoë volts, Lae volts, Fase verskikl, Droogloop, Hoë amps ens.
  • Hierdie tipe beskermings toestel is n vereiste op die fabrieks waarborg op enige nuwe dompelpomp motor.
  • Die tegnologie laat ons toe om n “download” te doen op die rekenaar om presies te kan sien wat en hoekom het die motor se skakelaar onderbreuk.

Ongelukkig sal daar geen kliente diens gratis op hierdie toestel gelewer word nie.

Tenkstaanders:

  1. Ons dra geen verantwoordelikheid op bestaande fittings nie.
  2. Ons dra geen verantwoordelikheid vir die afhaal van ou tenks nie.
  3. Indien die staander nie voldoen aan die tenk se spesifikasies nie en dit moet verander word sal daar additionele kostes wees.

Dinge waarna Kliënte self kan kyk:

  1. Kyk asb na die platvorm en die toestand van u staander. (BV water wat om die staander staan)
  2. Meet die boorgat se watervlak en diepte.
  3. Kyk watter liggies wys op die Nist.
  4. Is daar ‘n pad na die pomp of staander?

Hoe makliker en vinniger dit vir ons is om die werk te doen, hoe goedkoper sal dit vir u,  die kliênt wees.

AANVAAR U DIE VOORWAARDES